Click here to list your business with us
ONS T-HEMDE
Elkeen van ons hemde word met trots in die hart van Kaapstad vervaardig deur slegs die hoogste kwaliteit materiaal te gebruik.
Elke hemp word gestik volgens ‘n mode-ontwerper se spesifieke patroon, waarna dit gekleur en die ontwerp daarop gedruk word.
Deur gebruik te maak van ink wat ‘n water basis het (‘discharge water-based ink’), word die ontwerp deel van die hemp se vesels – dit word nie net daarop geverf nie – wat ‘n sagter, meer duursame skermdruk (‘screen print’) produseer wat langer hou & eko-vriendelik is.
Groottes vir mans (Jonkheer) t-hemde is SMALL – 4XL, en vir dames (Jonkvrouw) t-hemde & frokkies SMALL – XL.
(klik hier as jy meer van die groottes wil uitvind)
INFO KAARTJIES
Elke hemp word vergesel deur ‘n unieke karton kaartjie, wat meer inligting verskaf oor die legende en ontwerp
– bv. waarom sekere elemente in die ontwerp voorkom –
wat ’n uitstekende geleentheid bied om jou geskiedenis spiere te bult tydens enige gesprek.
In die einde bly kennis tog mag.
Back | Back to top |