Click here to list your business with us
Die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika in Kroonstad se ontstaan was as gevolg van tentdienste
wat in Symonds straat gehou is waar die Brandweer vandag is. Die Gemeente is op 8 Oktober 1965 gestig.
Die huidige kerkgebou is in 1971 ingewy.
Die huidige predikantspaar is ds. Llewellyn en Suzette Ploos van Amstel. Hulle is vanaf Paarl gemeente beroep
en is op 25 Augustus 2012 in die gemeente bevestig. Hul hartsbegeerte is om saam met die gemeente die gemeenskap
van Kroonstad te bedien met die Lewende Woord van God.
Die visie van die gemeente is: Om ‘n geestelike familie in Kroonstad te wees wat ‘n tuiste bied vir elkeen om in die huisgesin
van God dienende en passievolle dissipels van Jesus te wees.
Back | Back to top |