Newsletter / Blog


2016-10-18
Kennis


Jy het gedink jy weet alles....?
'n Kat het 32 spiere in elke oor.
'n Krokodil kan nie sy tong uitsteek nie.
'n Goudvis se geheue is net 3 sekondes lank. (Ek ken mense soos dit)
'n Haai is die enigste vis wat albei sy oe kan knip.
'n Slak kan vir 3 jaar slaap.
'n Volstruis se oe is groter as sy brein.(Ek ken mense soos dit ook)
'n Kat beskik oor meer as 100 vokale klanke.
'n Hond het net 10.
'n Skoenlapper proe met sy voete.
Februarie 1865 is die enigste maand in die opgetekende geskiedenis wat nie 'n
volmaan gehad het nie.
Babas word gebore sonder knieskywe. Dit ontwikkel eers van ouderdom 2 tot 6 jaar.
(Ek ken mense sonder ruggrate)
In die afgelope 4000 jaar is geen nuwe dier as 'n huisdier getem nie. (Ja daar is _
mans!)
As die Chinese bevolking in 'n enkel gelid verby jou loop, sal die ry nooit ophou nie
agv hul aanwaskoers.
Leonardo Da Vinci het die sker ontdek.
Dit is onmoontlik om met oop oe te nies.r
Mens se oe is van geboorte dieselfde grootte maar jou neus en ore hou nooit op met
groei nie. (Koornhof ???)
Geen woord in die Engelse taal rym met month, orange, silver, of purple.
"Stewardesses" is die langste Engelse woord wat net met Die linkerhand getik word;
"lollipop" met die regterhand. (Word mense actually betaal om hierdie navorsing te
doen?)
'n Gemiddelde persoon se linkerhand tik 56% van alle woorde. (Is dit hoekom ek
belasting moet betaal?)
Die sinsnede "The quick brown fox jumps over the lazy dog" gebruik elke letter van die
alfabet
TYPEWRITER is die langste Engelse woord getik met slegs een ry klawers op die
sleutelbord.
Die QE2 vaar 6 duim vir elke gallon diesel wat dit verbrand. (Dit verklaar die uiters
duur kaartjies)
Die Voetnota - Bladsy 17 uit 63
Die winter van 1932 was so koud dat die Niagara Watervalle gevries het. (Klink soos
winter in die Kalahari)
Daar is meer hoenders as mense op die aarde. (Beteken dit hulle moet regeer?)
Winston Churchill is in 'n dames kleedkamer gebore tydens 'n dansparty.
Vroue knip hul oe twee keer so veel as mans.
Nou weet jy alles....
Bron onbekend: (2005/03)


Back Back to top