Ndaba Voetslaanklub

Click here to list your business with us
Ndaba Voetslaanklub



Contact Details

Contact Person
Paul du Preez
Mobile Number
081 399 2555


Doelstelling:

Die doelstelling van die NDABA VOETSLAANKLUB is om die die beste verskeidenheid stapgeleenthede aan die lede te bied. Roetes word jaarliks vooruit bespreek sodat die lede 'n ruim keuse van staproetes het om te bespreek.  Staproetes wissel van twee dae tot ses dae. Eendag roetes word ook dikwels gedoen en in een geval was die roete selfs agt dae lank.

Die Staproetes sluit in:

Georganiseerde roetes.
Roetes wat amptelik uitgelê is met roete-aanwysers en oornagfasiliteite (byvoorbeeld die Otter).

Roetes in Wildernisgebiede.
Wildernis staproetes is in 'n wildernisgebied met geen uitgelegde roete of oornag fasiliteite nie. Die stapper moet dus sy eie roete vanaf kaarte bepaal en in tente of grotte oornag (byvoorbeeld in die Drakensberggebied). Die klub se bestuur kies 'n stapper wat bekend is met die gebied en ervaring het van die omgewing as toerleier. Die Toerleier sal dan die roete en oornag punte bepaal.

Die klub word bestuur deur 'n verkose Bestuur wat onderworpe is aan die Grondwet van die Klub.

Ons doelstelling is om stap in die algemeen te bevorder deur nuwelinge te help, van raad te bedien, by te staan en touwys te maak.

Die klub is ook daartoe verbind om van hulp te wees met die ontwikkeling van nuwe staproetes.

Ledegeld is R120 per jaar per persoon.Lidmaatskap is onderworpe aan die goedkeuring van die bestuur. Nie-lede wat saamstap moet 'n heffing van R30 per roete betaal. Hierdie heffingsbedrag kan deur die bestuur verhoog word vir sommige  gewilde roetes.

Leuse:
Verryk jou lewe en gaan elke jaar na ten minste een plek waar jy nog nooit vantevore was nie.

Luister na 'n kort Kyknet TV onderhoud met 'n oud-voorsitter Andries Oosthuizen op 22 Januarie 2015:
http://youtu.be/X-Ypfu-rmVI

Algemene Inligting:

  • Die NDABA Voetslaanklub doen ±12 staproetes per jaar, ±3 lang ( 5 dae) en ±9 naweek (2 dae). Ons bespreek normaalweg vir 12 persone per roete en indien nodig maak ons dit dan groter. Ons doen die besprekings ongeveer 'n jaar vooruit om almal genoeg tyd te gee vir beplanning en bespreking.

  • Ons het 'n bankrekening met genoeg reserwe fondse om die roetes een jaar vooruit te bespreek. Ons verskaf nie vervoer nie, maar ons stel gewoonlik ‘n Stapleier aan, wat hoor wie se motors is beskikbaar en reël dan wie ry saam met wie. Elke stapper verskaf sy/haar eie toerusting en kos vir 'n staptoer.

  • Indien jy wil stap bespreek vroegtydig, want NDABA se roetes word vinnig vol bespreek. Sommige gewilde roetes word binne drie dae vol bespreek, nadat dit in die nuusbrief bekendgestel is. Dit kan selfs meer as ‘n jaar voor die tyd gebeur. Bespreek vroegtydig.

  • Afgesien daarvan dat ons elke maand stap, kom ons een keer per jaar bymekaar. Dit is ons Algemene Jaarvergadering waar ons ‘n nuwe bestuur verkies en klub sake bespreek. Na die vergadering hou ons gewoonlik ‘n braai en kuier saam. Die Algemene Jaarvergadering vind gewoonlik op die tweede of derde Saterdag van Januarie plaas.

 Baie mense vra wat is die ouderdom van die klublede?

  • NDABA se lede is van ±20 tot ±70.

  • Gemiddeld so ongeveer 45 jaar oud.

  • By NDABA is gesinne, enkellopers en jong mense.

  • Kinders stap dikwels saam met hul ouers en is baie welkom.

  • Een van ons doelstellings is om jong mense te betrek en jong lede te werf.

  • Dit is egter ‘n feit dat voetslaners ouer as 40 meer aktief betrokke is en feitlik elke maand stap.

  • Dames stap ook meer as mans en die gemiddelde verhouding van Dames:Mans is 6:5

  • Daar is ook heelwat gesinslede wat alleen stap omdat hul gade nie belangstel nie of nie kan nie.

  • NDABA se lede is van Pretoria, Centurion, Hartbeespoort, Bronkhorstspruit, Johannesburg, Ellis Ras en die verste twee lede bly in Engeland. NDABA het ongeveer 70 lede.

  • Baie mense kom na NDABA omdat ons ‘n goeie balans van basiskamp, rugsak, maklike en moeilike roetes stap. Verder doen ons baie interessante 4X4 toere gekombineerd met stap of roei.

 Hoeveel roetes stap die lede per jaar?

  • Sommige lede stap elke roete op die program 12 of 13 roetes per jaar.

  • Sommige stap net een roete per jaar.

  • Soms kry jy iemand wat aansluit en geen roete stap nie.

  • Gemiddeld vyf/ses roetes per jaar.

 Hoeveel kilometers stap mens in ‘n jaar?

  • Sommige lede stap tussen 300 en 500 kilometer per jaar, selfs meer.

  • Die wat min stap, stap tussen 20 en 50 kilometer per jaar.

  • Gemiddeld ongeveer 150 kilometer per jaar.

Lede wat aansluit en nooit stap nie?

  • Dit gebeur soms dat mense baie graag wil stap en by ‘n klub aansluit, maar kom nooit sover om ‘n roete te stap nie.

  • Soms is daar beserings of werksomstandighede wat mens vir ‘n jaar buite aksie stel.

  • Hulle wou dalk ‘n spesifieke roete stap en toe is dit vol bespreek.

  • Hulle kry dalk nooit tyd nie.

  • Hulle voel dalk ongemaklik om saam met ‘n vreemde groep mense te gaan stap.

  • Hulle is dalk bang dat hulle nie fiks genoeg is nie en die ander vir hulle sal wegstap.

  • Jy hou daarvan en wil graag voetslaan, MAAK TYD!!

  • Bespreek vroegtydig.

  • Voetslaners is almal aangename mense, jy sal tuis voel.

  • NDABA verdeel in groepe, daar is dikwels ‘n vinnige groep en ‘n stadige groep. Jy sal nie alleen agter stap nie. Stapleiers kyk na die mense. Ons stop dikwels op mooi plekke.

  • DOEN DIT NET!

 

DIE DOEL VAN LEDEGELD
1.         ALGEMEEN
            NDABA  Voetslaanklub is nie ’n winsgewende organisasie nie.
             Die vraag word soms gevra waarom ledegeld betaal moet word

 2.         ADMINISTRASIEKOSTE.
             Soos met ander organisasies en klubs, is daar koste wat van die lede verhaal moet word. 
             Sommige lede  het by voorbeeld nie e-pos nie en ontvang nuusbriewe deur die pos. Daarom is daar papier, koeverte en seëls nodig.
             Alhoewel meeste bestuurslede en stapleiers nie daarvoor eis nie, kan daar telefoonoproep koste wees:
                         *         Oproepe vir roete besprekings.
                         *         Oproepe na lede i.v.m. roete beplanning en organisasie.
                         *         Oproepe na roete eienaars.
                         *         Oproepe na vervoeragente.

3.         WEBTUISTE
            NDABA het ’n eie webwerf, wat deur baie mense op die Internet besoek word en baie nuwe lede sluit aan a.g.v. die webwerf.
            Daar word ’n maandelikse en jaarlikse fooi vir die webwerf betaal.

 4.         ROETEBESPREKINGS
            Ndaba bespreek elke jaar ±18 roetes. Die besprekings gelde beloop ongeveer R70 000.00 per jaar. 
            Die roetes moet gewoonlik maande voor die tyd bespreek word en ’n deposito  moet betaal word.
            Sommige roetes vereis die volle bedrag en dit kan selfs meer as ‘n jaar voor die tyd wees.
            Lede betaal eers later, dus moet daar vooraf voldoende fondse wees om die betalings te dek.
            Daar word ook dikwels vuurmaakhout aangekoop vir sommige voetslaanroetes.
            Verder kan daar roete verliese wees a.g.v. roetes wat nie vol bespreek word nie.

 5.         ALGEMENE JAARVERGADERING
            Algemene koste vir verversings, gravering van trofees, projektor huur en subsidie van braaipakkies.
            Beloning vir verdienstelike stappers, soos byvoorbeeld gratis ledegeld vir meeste kilometers gestap.

 6.         TOERUSTING
            Alhoewel NDABA geen toerusting verskaf aan lede word daar soms noodsaaklike items aangekoop. Soos byvoorbeeld:
                        *         Padkaarte.
                        *         Roetekaarte.
                        *         Voetslaanboeke.
                        *         Tweerigting Radio’s wat gebruik kan word tydens sommige voetslaanroetes of tydens die reis na afgeleë plekke.
                        *         Batterye vir radios of GPS.
                        *         Die aankoop van ‘n GPS, soos vir die gebruik tydens ‘n voetslaanroete.
                        *         Die aankoop van ‘n “proxima” projektor kan moontlik oorweeg word.

 









Comments

* Name:    
* Email:    
* Comment:    
  Please calculate the following and enter the answer.: one + 4 + 5 = ?
   
 

Back Back to top